Hoekom flickr gebruik?

Sosiale netwerke en online apps kry nog nie lekker ‘n houvas hier in Suid-Afrika nie. Ek doen heelwat projekte wat definitief sou baat by twitter en flickr, maar mense hier gebruik dit nie of weet nie eens hoe dit werk nie.

Met die fokus op Nie-Winsgewende Organisasies, die voordele van flickr:

1. Dit is ‘n sentrale argief vir al julle foto’s waaruit die spesiales maklik op enige webwerf kan vertoon en versprei kan word deur die sosiale netwerk

2. Uitgesoekte vrywilligers kan ook bydra tot die sentrale versameling

3. Toegang tot foto’s kan beheer word deur middel van ‘n wagwoord

4. Dit is ook ‘n bron waar julle ander foto’s kan soek vir bemarkingsmateriaal

5. Skep kaartjies, fotoboeke, collages en muurbehangsels

Lees die volledige artikel hier.