Eksamenflaters

Die vorige paar jaar (2000 – 2007) se eindeksamenvraestelle in Rekenaarstudie het die volgende insigte opgelewer:

  • ‘n Muis is amper soos ‘n “joysticker”.
  • ‘n “Hacker” is iemand wat in die skrum speel en ‘n “cracker” is ‘n soort koekie.
  • Netiket beteken dat jy op die internet begaafd moet optree.

  • Netiket is iets wat jy doen deur net te doen.
  • Netiket beteken hou jou virusse vir jouself.
  • Netiket beteken om asseblief mooi te skryf.
  • Soorte muise wat aangetref word: Intensiewe muis, Permanente muis, “Truck ball” muis.
  • Wat is nodig om ‘n internetskakeling te kan bewerkstellig? Geduld.
  • My kop is nou eenvoudig net te seer om ‘n antwoord op hierdie vraag uit te dink.
  • ‘n Draagbare drukker pas in jou hempsmou.
  • Dit is oneerlik om nuwe “folders” in jou hardeskyf te maak.
  • Data vloei net aan die westekant van jou rekenaar.
  • ‘n Voorbeeld van halfduplekstransmissie is ‘n “hokie-tokie”. (“walkie talkie”)
  • Videokonferensie beteken jy kan jou testament van onder af beheer as jy dood is.
  • WWW staan vir World Wild Web.
  • ‘n “Uninstaller” raak ontslae van al jou hardeskywe.
  • ‘n Program wat jou rekenaar se geheue opvreet, word ‘n slak genoem.
  • ‘n DVD kan nie met die blote oog gesien word nie.
  • ‘n Skootrekenaar is iets wat ‘n sakeman saamvat as hy gaan piekniek hou.
  • Om te voorkom dat jy oogstremming kry van heeldag voor die rekenaar sit, moet jy baie wortels eet.
  • ‘n Grafiese program word gebruik deur skildenaars.
  • ‘n Voordeel van die internet is dat ‘n mens kan geld steel uit iemand anders se rekening.
  • ‘n Muis werk presies soos ‘n “joystick”, net heeltemal anders.
  • Definisie van ‘n LCD-skerm: Dit doen presies wat sy naam aandui.
  • ‘n “Inkjet”drukker werk gerusteloos.
  • Definisie van ‘n tafelbladpubliseerder: Ek het geweet, maar ek het nou net vergeet.
  • Definisie van ‘n ligpen: Ons het nog nie hierdie werk behandel nie!
  • Definisie van ‘n laserdrukker: Dis vrek duur.
  • ‘n Laserdrukker werk met bliksemstrale.
  • Possamevlegging is wanneer ‘n veearts ‘n nuwe projek beplan en hy die diere daarvan moet laat weet.
  • ‘n Nadeel van die Internet is dat mense sonder jou toestemming jou jou klere kan uittrek.
  • ‘n Monochroom-skerm vertoon swart en wit, of ook aambei.
  • As ‘n rekenaar 32 meg RAM het, dan sal die w√ɬ™reldbevolking baie vermeerder.
  • ‘n Raaksensitiewe skerm is baie sensueel.
  • Die Y2K-probleem behels dat al die rekenaars sou mal word.
  • Die Y2K-probleem het veroorsaak dat die Withuis ontplof het. Al die mense daar kan nou nie meer met hulle geld uitkom nie.
  • Die Y2K-probleem het beteken dat ‘n atoombom in die see naby Rusland geval het.
  • Die Y2K-probleem het beteken dat al die vliegtuie in die lug sou neerstort. Die vliegtuie wat nie sou neerstort nie, sou nie verder vlieg nie.
  • ‘n “Laptop” se skerm wys alles wat in jou maag is.