Die fluitspeler van Hamelin

The oldest picture of Pied Piper by Freiherr Augustin von Moersperg (1592)

Ek is oortuig dat die internet se spoed afhang van ‘n harlekyn-fluitspeler wat rotte en muise aanmoedig om in hul wieletjies te hardloop. Soos die fluitspeler moeg word en ophou speel draai die wieletjies al hoe stadiger en verloor die internet stoom. Wat die situasie vererger is die wete dat daar ‘n paar langasem fluitspelers in lande soos Swede en Japan is wat die internet laat snel teen meer as 20Mbps!

Ek besef dat my 384Kbps iets is waarvoor ek tien jaar gelede my hoed sou agterna gooi, maar in ‘n era waar die internet gebruik word vir intydse kennisgewings en hoë-resolusie video is dit net nie voldoende nie. #eendagasekgrootis gaan ek vinnige internet hê so vinnig dat selfs die projektering van hologramme soos in G.I. Joe ‘n werklikheid kan wees.