Categories
Algemeen Op die internet Sosiale Web Web Publisering

We shall fight them on the beaches…

Ek sien vandag hierdie artikel op IOL Technology oor hoe sosiale media gebruik word om Neo-Nazi’s te beveg. Dié wat sterk gekant is teen hierdie beweging het ‘n veldtog geloods waar gebruikers van sosiale media rasistiese of nazi-georiënteerde kommentaar kan rapporteer.

As basis van die veldtog is ‘n webwerf geskep. Aktiviste vir die veldtog plaas baniere en knoppies op hul eie webwerwe en op hul sosiale media profiele wat besoekers aanmoedig om rasistiese kommentaar, video’s en profiele aan te meld. Die veldtog is omvattend omdat dit bedryf word op 20 sosiale netwerke waaronder MySpace en YouTube.

Dit alles laat my dink aan Winston Churchill se toespraak op 4 Junie 1940:

We shall go on to the end, we shall fight in France,
we shall fight on the seas and oceans,
we shall fight with growing confidence and growing strength in the air, we shall defend our Island, whatever the cost may be,
we shall fight on the beaches,
we shall fight on the landing grounds,
we shall fight in the fields and in the streets,
we shall fight in the hills;
we shall never surrender…

‘n Mens sou in hierdie geval seker kon byvoeg: “we shall fight them on the internets”.

Het jy al ‘n veldtog deur middel van sosiale media geloods? Deel jou ervarings deur hieronder kommentaar te lewer.

Categories
Algemeen Op die internet Sosiale Web Web Publisering

‘n Oorvloed van opwindende nuwe dinge

Dit gebeur gereeld dat wanneer ek my Yoono oopmaak wat met twitter en facebook koppel, ek oorval word met skakels na nuttige stuff op die interweb. Dit is soms lastig om ‘n popup te sien met elke tweet en status update en daarom deaktiveer ek dit wyl ek werk, maar tussen-in tydens ‘n koffiebreuk of bene-rek is dit lekker om intyds te sien waarmee ander mense regoor die wêreld besig is.

Hier is’n paar voorbeelde:

Hoe bly jy op hoogte van sake? Lewer kommentaar hieronder.

Categories
Op die internet Sosiale Web Web Publisering

Merlin Mann: Something Something Social Media – The Overdue Minority Report


Taken from wordpress.tv

Categories
Op die internet Sosiale Web Web Publisering

Form-2-email on a Facebook page

I dug around the web to find a way to create a form on a facebook page to submit prospective members’ details to our call center.

I found this article Submitting a Contact Form via AJAX From Your Facebook Page, but it just logged the responses. Not knowing that much about php, I decided to look for a free php form-2-email script to use. I came accross FormToEmail.com and downloaded the free version.

To marry the two, I added the php part from FormToEmail.php to the top of form_submit.php, commenting out log_submission($_POST['name', $_POST['email']);.

Useful links:

Categories
Algemeen Sosiale Web Web Publisering

Eendag as ek groot is…

Toe ek nog klein was het ons gereeld verbeeldingvlugte geneem; jou verregaande voorstelle moes myne oortref – sommer speel-speel.

Twitter laat mens toe om baie cool speletjies tot ‘n nuwe vlak te neem. Ek wil die hashtag #eendagasekgrootis begin gebruik om drome wat dikwels gedroom word te uiter en so uit te vind wie saam met my droom. Maak nie saak hoe oud jy is nie, dis soms moeilik om buite jou verwysingsraamwerk  te wonder wat moontlik is.

Beskou dit as ‘n manier om perspektief te kry; om weer te durf droom en die opgewondenheid terug te kry wat ons as kind laas gehad het.