Categories
Afrikaans Tegnologie

Agter die skerms by die SAUK radiodrama-ateljee

Maroela Media het gaan kuier by Bettie Kemp en haar span om te kyk hoe Boekeparadys, Draadloos se nuutste radiodrama, vervaardig word. Hier is ‘n paar foto’s van die ateljee waar die stemme en byklanke opgeneem word.

Categories
Afrikaans Algemeen

TO Honiball en Suid-Afrikaanse strokiesprente

Min het ek geweet wat dit beteken om ons eie strokiesprente en storie-plate te hê toe ek die eerste keer na ‘n Adoons-hulle plaat luister in die mid-tagtigs.

Oom Dana Niehaus het TO Honiball se Jakkals en Wolf lewend gemaak soos ek altyd gestaar het na die plaat se omslag terwyl die storie draai op die platespeler. Oom Kaspaas het ook gereeld sy buiging gemaak en die plate wat ons nie besit het nie, het ons by die biblioteek uitgeneem.

Lyk my ek is ‘n regte geek soos Sheldon, Leonard, Howard en Raj van Big Bang Theory wat van comics hou; die verskil is net ek hou meer daarvan in Afrikaans. Mag die Afrikaanse strokiesprent nooit uitsterf (soos Bollie verander is na Bobo) nie!

Kyk ‘n paar Afrikaanse kinderstories op YouTube.

Hier is strokies soos geteken deur Honiball:

 

 

Categories
Afrikaans

Winternag

Eugene Marais (1871 – 1936)

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
So wyd as die Heer se genade,
Lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
Versprei in die brande,
Is die grassaad aan roere
Soos winkende hande.

O treurig op wysie
op die ooswind se maat,
Soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!