We shall fight them on the beaches…

Ek sien vandag hierdie artikel op IOL Technology oor hoe sosiale media gebruik word om Neo-Nazi’s te beveg. DiĆ© wat sterk gekant is teen hierdie beweging het ‘n veldtog geloods waar gebruikers van sosiale media rasistiese of nazi-georiĆ«nteerde kommentaar kan rapporteer.

As basis van die veldtog is ‘n webwerf geskep. Aktiviste vir die veldtog plaas baniere en knoppies op hul eie webwerwe en op hul sosiale media profiele wat besoekers aanmoedig om rasistiese kommentaar, video’s en profiele aan te meld. Die veldtog is omvattend omdat dit bedryf word op 20 sosiale netwerke waaronder MySpace en YouTube.

Dit alles laat my dink aan Winston Churchill se toespraak op 4 Junie 1940:

We shall go on to the end, we shall fight in France,
we shall fight on the seas and oceans,
we shall fight with growing confidence and growing strength in the air, we shall defend our Island, whatever the cost may be,
we shall fight on the beaches,
we shall fight on the landing grounds,
we shall fight in the fields and in the streets,
we shall fight in the hills;
we shall never surrender…

‘n Mens sou in hierdie geval seker kon byvoeg: “we shall fight them on the internets”.

Het jy al ‘n veldtog deur middel van sosiale media geloods? Deel jou ervarings deur hieronder kommentaar te lewer.