TO Honiball en Suid-Afrikaanse strokiesprente

Min het ek geweet wat dit beteken om ons eie strokiesprente en storie-plate te hê toe ek die eerste keer na ‘n Adoons-hulle plaat luister in die mid-tagtigs.

Oom Dana Niehaus het TO Honiball se Jakkals en Wolf lewend gemaak soos ek altyd gestaar het na die plaat se omslag terwyl die storie draai op die platespeler. Oom Kaspaas het ook gereeld sy buiging gemaak en die plate wat ons nie besit het nie, het ons by die biblioteek uitgeneem.

Lyk my ek is ‘n regte geek soos Sheldon, Leonard, Howard en Raj van Big Bang Theory wat van comics hou; die verskil is net ek hou meer daarvan in Afrikaans. Mag die Afrikaanse strokiesprent nooit uitsterf (soos Bollie verander is na Bobo) nie!

Kyk ‘n paar Afrikaanse kinderstories op YouTube.

Hier is strokies soos geteken deur Honiball:

 

 

2 comments on “TO Honiball en Suid-Afrikaanse strokiesprente

  1. Flintie

    Ek self is deel van die generasie vir wie televisie maar net nog altyd bestaan het. Grootmense het Dallas gekyk, en ek mos gaan slaap het na Haas Das sê Nuuskas. Afrikaans, en dan so ook die Afrikaner, is nie meer so eng soos die een van ouds nie. Ons kan werklik op ‘n gelyke voet meeding met enige kunstenaars uit Amerika of Europa. Ons talent is groot, en ons wortels is diep.

    Hoe lekker laat jy my nou onthou van Wieliewalie en Bennie Boekwurm!