Eendag as ek groot is…

Toe ek nog klein was het ons gereeld verbeeldingvlugte geneem; jou verregaande voorstelle moes myne oortref – sommer speel-speel.

Twitter laat mens toe om baie cool speletjies tot ‘n nuwe vlak te neem. Ek wil die hashtag #eendagasekgrootis begin gebruik om drome wat dikwels gedroom word te uiter en so uit te vind wie saam met my droom. Maak nie saak hoe oud jy is nie, dis soms moeilik om buite jou verwysingsraamwerk  te wonder wat moontlik is.

Beskou dit as ‘n manier om perspektief te kry; om weer te durf droom en die opgewondenheid terug te kry wat ons as kind laas gehad het.