Wanneer tegnici blameer word vir probleme buite hul beheer…

Dis ‘n kombinasie van ‘n reënerige dag, ‘n wanpersepsie oor wat binne beheer en nie binne beheer is nie, asook ‘n onrealistiese verwagting. Kortom: wat de foos kan ek doen as ‘n konneksie in ‘n koperdraad (so lank, dit strek van Pretoria na Duitsland) vir ‘n oomblik verbreek word en ek blameer word daarvoor?

Ek het op ‘n stadium gedink die kuns lê daarin om ‘n kliënt se verwagting te kan bestuur, maar as die kliënt clueless is en aanhou hamer op dit wat hy dink fout is, wat dan?

Hierdie is ‘n bron van frustrasie, omdat 1) die kliënt is ongelukkig en 2) ek kan niks daaromtrent doen nie.

Moet ons dit maar aanvaar as die stand van sake in Suid-Afrika as dit kom by die internet? Hoe moet mens ‘n “goeie” (volgens die kliënt se standaarde) diens lewer?

Ek gaan die risiko’s probeer verminder: 1) maak die draad korter; 2) kry iemand om die draad te bestuur (eintlik net iemand wat ek op my beurt kan uittrap) en 3) hoop vir die beste.

Wat ‘n hopelose situasie. Dit, terwyl die oplossing eerder dalk lê by ‘n mens se gesindheid wanneer jy gekonfronteer word met ‘n probleem! Gaan jy a) uitfreek en jou speelgoed gooi, of b) die probleem analiseer en ‘n voorstel maak? Indien b) bestaan die moontlikheid steeds dat die klipkoppe dit nie gaan verstaan nie!

A few sources of knowledge and inspiration for web design

Some of the many challenges facing a web designer is keeping up to date with trends, but more importantly how to constantly design for better user interaction.

Here is a list of websites I subscribe to on RSS that can broaden your perspective on web design:

And a few great websites about fonts:

There are many more not mentioned above. Give your favourites by leaving a comment.